150 skole in DRK verwoes, 18 omskep in militêre basisse

Sowat 150 skole in Noord-Kivu, in die Demokratiese Republiek van die Kongo is sedert die begin van die jaar óf deur gewapende groepe aangeval óf vernietig met 18 wat in militêre basisse omskep. In Noord-Kivu is byna ‘n miljoen mense deur die loop van 2022 intern ontheem as gevolg van gewelddadige konflik in die gebied. Erger daaraan toe is die land se kinders, aangesien die konflik al byna drie dekades in sommige streke van die land woed. Daar is ook min hoop onder die gemeenskappe dat internasionale ingrypings van enige betekenisvolle hulp sal wees. Dit is ten spyte van ‘n resolusie wat die SAOG Troika die week in Windhoek gemaak het wat ‘n militêre ingryping in die gebied.