NHE struikel, teken verliese aan, loop teikens vir huise mis

Die adjunk-finansminister Maureen Hinda-Mbuende sê ondanks pogings om verbeter, sukkel die Nasionale Behuisingsonderneming steeds. Die maatskappy het 38,2 miljoen Namibiese dollar in bedryfsverlies in 2023 aangeteken na een van amper 88 miljoen dollar in 2022. Oor die afgelope vyf jaar, het bruto wins aansienlik gewissel van 334,7 miljoen dollar in 2019 tot amper 93 miljoen dollar in 2022. Die minister meen hoë bedryfsuitgawes is die grootste uitdaging. Sy het opgemerk dat die maatskappy 1 056 huise oor die afgelope sewe jaar gelewer het terwyl daar ‘n teiken van 5 000 eenhede was.