14-jarige verkrag blykbaar meisie, 5
Die Oshikoto-polisie sê ‘n vyfjarige meisie is oor die naweek na bewering deur ‘n 14-jarige seun by die Eegologolo-nedersetting in die streek verkrag. Die kind is blykbaar alleen tuis gelaat terwyl haar ouers ‘n begrafnis bygewoon het. Owerhede sê die verdagte het haar alleen daar aangetref. Die kind het na die voorval na haar ouma se huis gehardloop waar sy die saak aangemeld het. Die saak word nog ondersoek en die verdagte is in die sorg van sy voog vrygelaat.