13 waterpompe in Okongo-kiesafdeling gesteel
Okongo-kiesafdeling raadslid Efraim Shipindi versoek die publiek om op te hou om gemeenskapswaterpompe te steel, aangesien dit die regering miljoene kos om te vervang. Shipindi sê dat die drie pompe wat vandeesweek uit boorgate by Okamanya-, Onheleiwa- en Okanyanona-dorpies gesteel is, die totaal op 13 te staan bring wat sedert verlede jaar gesteel is. “Ons vermoed dat diewe dalk die waterpompe na Angola geneem het om weer te verkoop of na nabygeleë plase waar mense private krane het,” het hy gesê. Hy doen ’n beroep op gemeenskappe om mense wat waterpompe steel aan die kaak te stel. Jona Musheko, woordvoerder van die water-ministerie, sê die ministerie veroordeel die diefstal van waterpompe, veral in die noord- en noord-sentrale streek. Hy sê dat in al daardie dorpe waar die waterpompe en sonpanele gesteel word, word die gemeenskappe in ‘n krisis gelaat aangesien die watertoevoer onderbreek word. Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die fasiliteite wat deur die ministerie in verskillende gebiede opegrig word te beskerm, hetsy dit boorgate, waterpompe of sonpanele is.