12-jarige vas in Finland vir skoolskietery

Drie 12-jarige kinders is vanoggend by ‘n skool in Finland geskiet en beseer, en die verdagte, ook 12, is in hegtenis geneem. Geen verdere besonderhede was onmiddellik beskikbaar nie. Die skietery het plaasgevind by die Viertola-skool in Vantaa, ‘n voorstad van die hoofstad Helsinki, wat volgens die plaaslike munisipaliteit sowat 800 leerlinge van graad 1 tot 9 en ‘n personeel van 90 mense het. Dit is die derde so geval met agt wat in 2007 dood is en tien wat in 2008 dood is tydens ‘n skoolskietery.