12 Afrika-lande het nou cholera – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die cholera-uitbreking het na 12 lande op die vasteland versprei. ‘n Veldtog is in Zambië aan die gang om 1,5 miljoen mense, insluitend kinders, gesondheidswerkers en mense met hoë risiko’s van besmetting, in te ent. Meer as 1,4 miljoen cholera-inentingsdosisse is aan die land verskaf om die uitbreking te bekamp. Teen einde verlede week is 10 887 gevalle en 432 sterftes in nege van die land se tien provinsies aangemeld. Die WGO se noodgesondheidsbeampte, Patrick Otim, sê die Lusaka-distrik is die middelpunt van die uitbreking: