110 Gauteng-leerders beland in die hospitaal

Die Gautengse Onderwysdepartement het bevestig dat 110 leerders van die Tamaho Primary in Katlehong gister in die hospitaal beland het weens ʼn siekte wat deur kos oorgedra is. Die leerders het maagkrampe gekry en naar geword nadat hulle tydens pouse stampmielies by die skool geëet het. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê 98 van die leerders is ontslaan en 12 is steeds in die hospitaal: