11 bergklimmers dood toe vulkaan uitbars

Elf bergklimmers is vandag dood in Indonesië gevind ná die uitbarsting van die Marapi-vulkaan in Wes-Sumatra. Die soektog om nog 12 vermistes te vind, is tydelik gestaak weens kommer oor veiligheid. Drie oorlewendes is saam met die liggame van die 11 klimmers gevind, onder 75 in die gebied ten tyde van Sondag se uitbarsting. ’n Klein uitbarsting vanoggend het daartoe gelei dat die soektog opgeskort is.