102-jarige vrou word Brittanje se oudste valskermspringer
‘n Britse vrou het Sondag haar 102de verjaardag gevier deur uit ‘n vliegtuig te spring en gesê sy hoop haar waaghalsige manewales kan ander bejaardes inspireer om aktief te bly.
Manette Baillie het gesê dit was “‘n bietjie skrikwekkend”, en bygevoeg: “Ek moet erken ek het my oë baie ferm toegemaak”.
Baillie het aan BBC radio gesê sy wil net hê “ander mense wat 80 en 90 bereik, moet niks prysgee nie. Hou net aan”.
Dit is nie die eerste keer dat die honderdjarige van die dorpie Benhall Green in Oos-Engeland ‘n waaghalsuitdaging aandurf nie.
Sy het om die Silverstone-motorrenbaan in ‘n Ferrari gery teen 210 kilometer per uur (130 myl per uur) om haar 100ste verjaardag twee jaar gelede te vier.
Baillie het vroeër gesê sy is tot aksie aangespoor nadat sy gehoor het van ‘n vriend se 85-jarige pa wat ‘n valskermsprong gedoen het.
“As ’n 85-jarige man dit kan doen, kan ek ook,” het sy gesê.
Foto verskaf.