10-dae-lange wateronderbreking in Johannesburg
Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, sal vanaand met wyksraadslede vergader om die wateronderbreking te bespreek wat tans op dag-tien staan. Meer as 20 voorstede het langer as ‘n week geworstel met wateronderbrekings. Volgens Johannesburg Water is sommige reservoirs herstel, maar uitdagings duur voort weens verhoogde aanvraag wat deur die hitte vererger word. Inwoners van Blairgowrie is sonder water sedert ‘n donderstorm op 3 Maart. Hulle beplan ‘n betoging oor swak kommunikasie en die gebrek aan optrede. Inwoners eis ‘n volhoubare oplossing buiten watertenkwaens.