10 000 Namibiese miljoenêrs? Maar natuurlik, ongelykheid neem toe…

Die aantal miljoenêrs in Namibië sal na verwagting teen 2040 van 2 150 individue tot meer as 10 000 styg, volgens ‘n verslag deur New World Wealth. Volgens die verslag posisioneer Namibië se oorvloedige natuurlike hulpbronne, lae bevolkingsdigtheid, goeie energie- en vervoerinfrastruktuur, en, die belangrikste, goeie veiligheid en sekuriteit in vergelyking met sy bure dit as die volgende miljoenêr-brandpunt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met voormalige ombudsman, advokaat John Walters, wat die nuus in perspektief geplaas het.