Zweli Mkhize kritiseer Janusz Walus se parool

Een van die aanspraakmakers om die ANC-presidentskap, Zweli Mkhize, het die Konstitusionele Hof se besluit gekritiseer om aan Janusz Walus parool toe te staan. Hy het die Bertha Gxowa-gedenklesing in Katlehong, Gauteng, gelewer. Mkhize meen die vrylating van Chris Hani se moordenaar het nie die omvang van die skade in ag geneem wat Suid-Afrikaners onder die apartheidsregime verduur het nie. Hy beskryf die struggle-ikoon se moord as die ergste bespotting van die gereg. Mkhize sê die paroolbesluit het nie in ag geneem hoe pynlik Hani se dood vir baie Suid-Afrikaners was nie.