Zuma soek geld vir sy regskostes, stigting bedel op Twitter

Die Jacob Zuma-stigting pleit by Suid-Afrikaners en ondersteuners om die oudpresident finansieel by te staan met die koste van sy voortslepende hofsake. ‘n Boodskap op die stigting se amptelike Twitter-rekening doen ‘n beroep vir ondersteuning met die gewese president se regskoste en vra skenkings om dit te help dek. Bankbesonderhede is ook op die twiet. Zuma betwis tans sy tronkstraf van 15 maande weens minagting van die hof. Hy staan ook tereg op aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog oor die multimiljoen-rand wapenskandaal van die laat 90’s.