Zuma skuldig, kry 15 maande tronkstraf

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika is vanoggend in die konstitusionele hof skuldig bevind aan minagting van die hof. Die staatskapingskommissie het die klag teen hom aanhangig gemaak omdat hy, ten spyte van ‘n hofbevel, vroeër vanjaar geweier het om voor die kommissie te verskyn. Die kommissie het twee jaar se tronkstraf voorgestel. Die waarnemende regter, Sisi Khampepe het die beslissing gemaak…