Zuma se mediese parool – uitspraak voorbehou

Die Appèlhof in Bloemfontein het uitspraak voorbehou in oudpresident Jacob Zuma se aansoek dat die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat sy vrylating op mediese parool onreëlmatig en onwettig was, tersyde gestel word. Hy het slegs twee maande van sy vonnis van 15-maande vir minagting van die hof uitgedien voordat hy in September verlede jaar vrygelaat is. Zuma se prokureur, Dali Mpofu, het aan die hof gesê daar is vasgestel die gewese president ly sonder twyfel aan ‘n terminale siekte wat nie bekend gemaak is nie.