Zuma se korrupsieverhoor weer uitgestel

Die korrupsieverhoor van die voormalige Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, is in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg tot 17 Oktober uitgestel, hangende sy appèl in die Konstitusionele Hof. Zuma wil hê die hoogste hof moet Billy Downer as sy aanklaer verwyder. Die voormalige president en die Franse wapenvervaardiger, Thales word verhoor vir bedrog, korrupsie, geldwassery en afpersing wat verband hou met die land se wapentransaksies van die 1990’s. Regter Piet Koen sê, sou die hof Zuma se appèl van die hand wys, sal die verhoor op 7 November voortgesit word.