Zuma sê ANC sukkel oor ondoeltreffende sekretaris-generaal

Oudpresident Jacob Zuma sê die ANC moet verskeie kwessies opklaar voor die party se nasionale verkiesingskonferensie in Desember. Hy het gister die OR Tambo-gedenklesing in Umlazi in KwaZulu-Natal gelewer. Zuma het homself in September vir die pos van ANC nasionale voorsitter beskikbaar gestel. Hy het sommige van die uitdagings in die aanloop tot die party se verkiesingskonferensie, onder meer toegeskryf aan die sekretaris-generaal se ondoeltreffende kantoor: