Zuma-saak: Uitspraak eers Vrydag

Uitspraak is voorbehou in die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se aansoek om sy inhegtenisneming te voorkom. Uitspraak word Vrydagoggend om half-twaalf gelewer. Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Zuma se aansoek aangehoor om die lasbrief vir sy inhegtenisneming op te skort nadat hy in die Konstitusionele Hof tot 15 maande tronkstraf gevonnis is vir minagting van die hof.