Zuma-parool: kommer oor onluste

Die eienaars van sake-ondernemings in KwaZulu-Natal het planne in plek gestel vir ingeval onrus weer uitbreek. Dit volg op die beslissing deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria dat oudpresident Jacob Zuma moet teruggaan tronk toe. Media haal die woordvoerder van Magma Security, Shaheen Suleiman, aan, wat sê sake-ondernemings het vooraf-bespreekte reëlings getref vir wagte. Die hof het beslis Zuma moet sy volle 15-maande vonnis vir minagting van die hof uitdien. Die hof het die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, se beslissing om Zuma op mediese parool te plaas, onwettig verklaar. Intussen het Korrektiewe Dienste in die buurland gesê hy sal die beslissing appelleer.