Zuma het niks met wapenaankope te doen gehad nie

Die Jacob Zuma-stigting sê hy het skriftelik dokumente aangevra van prominente organisasies en stigtings wat by die wapentransaksie baat gevind het. Die stigting het onder meer aan die ANC en die Nelson Mandela-stigting briewe gestuur. Die voormalige president Jacob Zuma staan tereg op bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery in verband met die wapentransaksie van 1999. Media berig Zuma se prokureurs sê in die briewe hulle wil bewys dat die gewese president geensins by die proses van wapenaankope betrokke was nie.