Zuma bly in die nuus

Die waarnemende minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Jacob Zuma sal slegs op mediese parool vrygelaat word as hy daarvoor aansoek doen. Die minister het reageer op ondersteuners van die voormalige president se eis dat hy binne 14 dae vrygelaat moet word. Ntshavheni het sterk standpunt ingeneem oor die posisie van die regering dat die manier waarop ‘n persoon aangekla word op basiese grondwetlike riglyne berus.