Zuma appelleer teen uitspraak oor private vervolging

Oudpresident Jacob Zuma gaan appelleer teen die uitspraak wat ‘n regter ten gunste van President Cyril Ramaphosa gemaak het om die private vervolging teen hom as onwettig te verklaar. Dit is volgens die Jacob Zuma-stigting. Die woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, sê Zuma het direk na die Konstitusionele Hof gegaan om sy appèl in te dien. Manyi sê daar is verskeie redes waarom Zuma direk na die Hof gegaan het. Hy sê een van die redes is die kwessies wat uit die uitspraak gekom het toe die regter in Ramaphosa se guns beslis het.