Zuma-aansoek word in ope hof aangehoor

Regter Piet Koen het in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg beslis dat oud-president Jacob Zuma se spesiale aansoek in sy wapenooreenkomsverhoor Dinsdag in ‘n ope hof aangehoor sal word. Zuma doen aansoek dat die staatsaanklaer, Billy Downer, aan die saak onttrek word. Die voormalige president dien tans 15 maande tronkstraf uit in die Estcourt-gevangenis. Zuma het aangevoer dat sy grondwetlike reg op ‘n billike verhoor deur virtuele verrigtinge benadeel sal word.