Zuckerberg sê jammer vir onderbreking

Gister se wêreldwye onderbreking van Facebook, Instagram en Whatsapp het ses uur geduur. Die drie toepassings word almal deur Facebook besit en werk op gedeelde infrastruktuur. Besoekers aan die Facebook-webwerf het bloot ‘n foutbladsy of ‘n boodskap gesien dat hul blaaier nie kon koppel nie. Die WhatsApp- en Instagram-toepassings het aanhou werk, maar geen nuwe inhoud gelaai nie. Volgens berigte is die onderbreking skynbaar veroorsaak deur ‘n aanvanklike probleem met ‘n domein-naambediener. Die uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerberg, het om verskoning gevra en sê hy weet hoeveel mense op die dienste staatmaak om in verbinding te bly.