Zimbabwiese vrou erken moord op haar man na hy glo by haar spook

‘n Zimbabwiese vrou het glo besluit om skuld te beken na die moord op haar man omdat hy blykbaar by haar spook. Nancy Majonhi het vandag weer in die landdroshof in Mogwase in Noordwes verskyn en haar borgtogaansoek is tot die 21ste uitgestel. Sy het teruggekeer na Suid-Afrika nadat sy in 2015 na haar geboorteland gevlug het. Sy het vir almal gesê haar man, Prosper Chipungare, het vermis geraak. Sy oorskot is in Rustenburg gevind nadat sy die polisie van die moord vertel het. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *