Zimbabwiër 15 jaar tronk toe oor bedrog

‘n Burger van Zimbabwe sal die volgende 15 jaar agter tralies deurbring. Die 32-jarige Arthur Moyo is in die Middelburg streekshof in Mpumalanga gevonnis op vier aanklagte van bedrog en een van oortreding van die Wet op Identifikasie. Moyo is skuldig bevind op aanklagte van voertuigbedrog van 1,6 miljoen rand. ‘n Polisiewoordvoerder, Lucy Sekgotodi, sê Moyo se bedrog het in 2016 begin en in drie provinsies plaasgevind.