Zimbabwe verplig staatsdienswerkers en onderwysers om ingeënt te word

Zimbabwe se regering verplig staatsdienswerkers en onderwysers om teen Covid-19 ingeënt te word. Die regering sê dié wat nie die inenting wil hê nie, kan bedank, berig internasionale media. Inentings is reeds verpligtend as jy studeer, gimnasium toe wil gaan, uiteet of handel dryf by markte.