Zimbabwe op pad na Castle Lite-reeks
Krieketgeskiedenis gaan later die maand gemaak word wanneer Krieket Namibië die Toetsnasie Zimbabwe vir die heel eerste keer plaaslik verwelkom. Die Castle Lite-reeks beloof ‘n opwindende T20-toernooi tussen die Eagles en die Chevrons, Zimbabwe se nasionale mansspan. Vyf kragmetings gaan tussen 24 en 30 Oktober by Wanderers en United gespeel word. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte, Johan Muller, gepraat.