Zimbabwe lewer rekord-koringoes

Zimbabwe het sy grootste koringoes van 375 000 ton in 2022 aangeteken. Die oes is 13 persent hoër as die vorige jaar, wat ‘n halfeeu-oue rekord gebreek het. Die oppervlakte wat met koring gesaai is, het met 10 persent toegeneem en bowenal het die staat ‘n beleid opgestel om kunsmis te versprei en oeste te koop via ‘n openbare liggaam, die Graanbemarkingsraad, wat boere ingepalm het. Die land hoef nie meer koring in te voer om in sy behoeftes te voorsien nie, wat 300 miljoen Amerikaanse dollar aan invoerkoste bespaar. Tendai Biti van die MDC-alliansie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is nie goeie nuus nie, want die regering moet die koring koop waartoe hy nie in staat is nie.