Zimbabwe het daaglikse kragonderbrekings van 12 uur lank

Die Zimbabwe-Elektrisiteitsoordrag-en-verspreidings-onderneming het begin om daagliks twaalf-uur-lange kragonderbrekings in te stel. Dit is weens beperkte opwekkingsvermoë by die aanleg en herstelwerk aan die dam by die Kariba-hidrokragstasie. Die onderneming sê die kragtekort word met beurtkrag bestuur sodat die beskikbare kragtoevoer kan balanseer met die gekoppelde lading. Zimbabwe het ‘n geïnstalleerde kapasiteit van 2 100 megawatt, maar wek gemiddeld ongeveer 1 300 op. Die tekort word ingevoer.