Zim-winkels verkoop stapelvoedsel in Amerikaanse dollar

Sommige Zimbabwiese supermarkte het begin om verskeie produkte eksklusief in Amerikaanse dollar te verkoop, te midde van ‘n groeiende ekonomiese krisis in die land. Die Zimbabwiese dollar verhandel teen ongeveer 750 teenoor die Amerikaanse dollar in die strate van Harare, vergeleke met ‘n amptelike wisselkoers van 379. Inflasie het ook tot 192 persent gestyg terwyl die Reserwebank van Zimbabwe rentekoerse op 200 persent vasgestel het. Van die produkte sluit stapelvoedsel soos melk, brood, en suiker in.