Zim-verkiesings: Selfs waarnemers en media moet betaal

Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie het ‘n kennisgewing uitgereik waarin persone en organisasies wat die verkiesingsprosesse, die uitvoering van stemming op stemdag en die tel en versameling van stembriewe wil waarneem, nooi om hul aansoeke by die kommissie in te dien. Buitelandse waarnemers moet tussen 100 en 400 Amerikaanse dollar opdok, terwyl plaaslike waarnemers 10 dollar vir akkreditasie moet betaal. Wat die media betref, moet buitelandse media, ook van Afrika, en Zimbabwiese media wat vryskut-werk vir buitelandse media doen, 100 dollar opdok, terwyl plaaslike media ook tien dollar moet betaal. ‘n Zimbabwiese aktivis Setfree Mafukidze, het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee…