Zim se teenkorrupsie-kommissie moet reageer op BBC-ondersoek

‘n Zimbabwiese opposisieparty sê die Zimbabwiese teenkorrupsie-kommissie moet reageer op ‘n ondersoek deur die BBC wat bewyse gevind het dat een van Brittanje se grootste maatskappye, British American Tobacco die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe omgekoop het. Volgens die BBC het die maatskappy in 2013 onderhandel om omkoopgeld van tussen 300 000 en 500 000 Amerikaanse dollar aan Mugabe te betaal. Fadzayi Mahere, die MDC-Alliance se nasionale woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus uit Zimbabwe gepraat.