Zim se masels-uitbreking op kerke blameer

‘n Masels-uitbreking het sedert April die dood van 80 kinders in Zimbabwe veroorsaak. Die land se gesondheidsowerhede blameer sektes en kerke daarvoor. Die uitbreking is landwyd versprei en het ‘n sterftesyfer van 6,9 persent. Jasper Chimedza, die gesondheidsekretaris, sê die ministerie het bevestig dat gevalle na kerkbyeenkomste voorkom. Hy sê die inentingstatus van die kinders by verskeie kerke is onbekend, veral omdat pastore gereeld teen inentings preek en sommige verbied dit heeltemal. Die meeste aangemelde gevalle is onder kinders tussen ses maande en 15 jaar oud.