Zim-regsmanne vas na hulle hul CCC-kliënte probeer help
Freedom Under Law betreur die aanhouding van twee menseregteprokureurs in Zimbabwe wat beswaar maak teen die ondervraging van hulle kliënte. Tapiwa Muchineripi en Douglas Coltart is by die Harare-hospitaal in hegtenis geneem terwyl hulle lede van die opposisieparty, Citizens Coalition for Change, verdedig het wat ontvoer en gemartel is. Hulle staan nou tereg op aanklagte van dwarsboming van die gereg. Hierdie stap word beskou as ‘n poging om regslui te intimideer en is in stryd internasionale standaarde. Die voorspraakgroep doen ‘n beroep op Zimbabwiese owerhede om op te hou om prokureurs te intimideer en doen ‘n beroep op die Regspraktykraad om hierdie aanval op die oppergesag van die reg te veroordeel.