Zim hef kwarantyn vir reisigers op

Zimbabwe het die kwarantynbeperkings opgehef vir reisigers wat van lande kom waar die Delta-variant van die Covid-19-virus die meeste voorkom. Volgens die regering is dit nie meer langer nodig vir reisigers om in afsondering te gaan nie want 98-persent van Covid-19-gevalle in Zimbabwe is van die Delta-variant. ‘n Gesondheidskenner in Zimbabwe, professor Solwayo Ngwenya, sê intussen hoewel die voorkoms van die nuwe variant steeds relatief laag is sedert dit in Mei ontdek is, kan die gevaar wat dit vir Zimbabwe inhou, nie buite rekening gelaat word nie.