Zim ervaar groot gesondheidspersoneel tekorte

Zimbabwe se gesondheidsdienste-raad het ‘n tekort aan verpleegkundiges in openbare en private hospitale aangemeld, aangesien honderde verpleegpersoneel na die Verenigde Koninkryk en Ierland verhuis het. Volgens die raad werk die hospitale nou teen 50 persent van hulle vermoë. Verslae dui aan meer as 2 200 mediese personeel het die mediese diens in 2021 verlaat, insluitend 900 verpleegkundiges. Die raad sê die Verenigde Koninkryk het ‘n werwingsveldtog van stapel gestuur om sy mediese personeel aan te vul, ná die uitwerking van die Covid-pandemie.