Zikalala die swakste premier in KZN-geskiedenis

Die leier van die IVP in Suid-Afrika, Velenkosini Hlabisa, sê Sihle Zikalala se vertrek uit die Kantoor van die Premier van KwaZulu-Natal sal op verskillende maniere verligting bring vir die mense in die provinsie. Hy sê dit is die begin van die proses om die ANC in 2024 uit te skop. Volgens Hlabisa was Zikalala KwaZulu-Natal se swakste premier sedert die aanvang van demokrasie. Volgens hom is bykans alle departemente gedurende Zikalala se ampstermyn by korrupsieverwante bedrywighede betrek: