Zelensky soek resolusie oor energie-terreur

Oekraïne se President Volodymyr Zelensky het ‘n beroep op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gedoen om te keer dat Rusland missielaanvalle uitvoer op burgerlikes en noodsaaklike infrastruktuur. ‘n Nuwe vlaag Russiese aanvalle teister Oekraïne se reeds sukkelende elektrisiteitsnetwerk wat ook in die nabygeleë Moldawië kragonderbrekings veroorsaak. Zelensky het tydens ‘n dringende vergadering met die VN se Veiligheidsraad Moskou van misdade teen die mensdom beskuldig na sy nuwe reeks missielsaanvalle. Hy sê Oekraïne sal ‘n resolusie voorstel wat enige vorm van energie-terreur veroordeel.