Zelensky sê Rusland konsolideer en sal hewige aanvalle loods

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, waarsku Rusland konsolideer sy magte en beplan hewige aanvalle in die ooste en weste van die land. Dit sluit in die stad Mariupol wat reeds onder aanvalle deurloop en waar vandag opnuut probeer word om burgerlikes uit die verwoeste stad te ontruim. Intussen dreig Rusland om sy gastoevoer na Europa af te sny as Europa nie daarvoor in roebels betaal nie. Dit volg op die Amerikaanse president, Joe Biden, se opdrag dat ‘n rekord-hoeveelheid strategiese olie-reserwes beskikbaar gestel word om die stygende pryse in Amerika te verlig.