Zambezi-bekken moet beskerm word

Omgewingsaktiviste in Zambië het ‘n dringende beroep op die regering gedoen om die toestemming te heroorweeg en terug te trek wat mynbedrywighede in die Laer Zambezi-rivierkom sal toelaat. ‘n Woordvoerder van Save Zambezi for Safe Zambezi sê onmiddellike stappe moet geneem word om al die water in die Zambezi-rivier te beskerm omdat dit ‘n gedeelde hulpbron vir vyf lande is. Die organisasie sê die kom is ‘n bron van lewe vir ‘n groot verskeidenheid spesies en biodiversiteit, en die ontwikkeling van ‘n oopgroef-kopermyn op die Zambiese platorand sal die agteruitgang van die kom versnel.