Ysige weer oor die land en die streek

Snerpende koue weer kom oor groot dele van Namibië en die streek voor. Oor die suide van die land is dit baie koud. Piet Swiegers van Gondwana Klein-Aus Vista Lodge in die suide oor toestande daar. Die Tafelberg-kabelspoormaatskappy het bevestig sneeu het vanoggend op die berg geval. Dit is byna presies ‘n jaar gelede sedert daar laas sneeu voorgekom het.Videos op Facebook toon uitgelate werkers van die kabelspoormaatskappy wat in die sneeu baljaar terwyl hulle selfies neem om die spesiale geleentheid vas te lê. James Scholtz het die situasie in die Wes-Kaap vroeër so uit Gansbaai beskryf.