Yelland sê oor goeie uraanprys

Na jare van sporadiese stygings wat sedert 2017 waargeneem is, het die uraanprys ‘n konstante prysstyging sedert Augustus 2021 gehandhaaf. In Augustus en September 2021 het die prys tot ‘n nege jaar hoogtepunt van meer as 50 Amerikaanse dollar verhandel voordat die jaar op 42 dollar afgesluit het. Die volgehoue styging in die uraanprys was die gevolg van die verhoogde aankope van gekonsentreerde uraan deur verskeie beleggingsverskansingsfondse in afwagting van ‘n toekomstige, groot styging in die uraanprys. Chris Yelland ‘n energie-ontleder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.