Ya Nangoloh sê sy deel is gedoen

Phil Ya Nangoloh sê hy het sy deel gedoen en om verskoning gevra aan die stigterspresident vir beledigings en aantygings wat hy oor die afgelope paar jaar kwyt geraak het. Ya Nangoloh wil hê Swapo moet sy lidmaatskap van die party weer instel. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy wag op die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa om sy lidmaatskap goed te keur. Hy voeg by daar sal gevolge wees as sy versuim om dit te doen.