Wysigingswetsontwerp op Gas gaan lei tot groot boetes

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor minerale bronne en energie het sy openbare deelnameproses oor die Wysingingswetsontwerp op Gas van 2001 in Lephalale, Limpopo, voltooi. Die voorsitter van die komitee, Sahlulele Luzipho, sê die wysiging sal nakoming verseker deur die oplegging van ‘n boete van twee miljoen rand op diegene wat die regulasies oortree. Luzipho sê die wysingingswetsontwerp sal verskeie gemeenskappe in Limpopo bevoordeel en beskerm teen die onbehoorlike gebruik van gasbronne.