Wysigingswet op Rolprente en Publikasies wil Suid-Afrikaners beskerm teen aanlyn leed

Die raadsvoorsitter van die Rolprent- en Publikasieraad, Zama Mkosi, sê die bedoeling van die Wysigingswet op Rolprente en Publikasies is om Suid-Afrikaners te beskerm teen aanlyn leed. Mkosi sê enigeen wat inhoud in die land te koop wil aanbied, moet dit vir klassifikasie aan die raad voorlê. Sy sê die publiek kan tot 18 Maart kommentaar lewer op die konsep-klassifikasie-riglyne van die wet.