Wynplaas gaan groen

‘n Wes-Kaapse wynplaas, Cederberg, het hom tot volhoubaarheid verbind met die oprigting van ‘n sonkrag-aanleg. Die plaas is in ‘n bewaringsgebied in die Cederberg-munisipaliteit geleë en het kampioenstatus van die Wêreldwye Fonds vir die Natuur ontvang in herkenning van sy herwinningspraktyke in boerdery. Die wynmaker, David Nieuwoudt, sê toe opknappingswerk tien jaar gelede gedoen is, het hy seker gemaak die dakke word só gebou dat sonpanele doeltreffend geplaas kan word. Hy sê ‘n goeie wyn verdien ‘n goeie sonkragstelsel.