Wyle Ruben Kruger se dogter blink uit op Wimbledon

Die Suid-Afrikaner, Bella Kruger, blink steeds uit in die Wimbledon Junior-toernooi waar sy in die derde ronde gaan speel. Die 17-jarige dogter van die gestorwe Springbok-flank, Ruben Kruger, het vir die toernooi gekwalifiseer voor sy Sonya Macavei, van Amerika en Nikola Daubnerova, van Slowakye, in haar eerste twee rondes van die hooftoernooi geklop het. Kruger se pa het 36 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel en was ʼn lid van die Springbokspan wat die Wêreldbeker in 1995 gewen het. Hy is in 2010 op ouderdom 39 dood.