Wyle Ignatius Shixwameni gaan staatsbegrafnis kry

Die Namibiese eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vandag in die parlement aangekondig dat ‘n staatsbegrafnis vir wyle Ignatius Shixwameni, leier van die All People’s Party, gehou sal word. Shixwameni het verlede Woensdag by die parlementsbou gesterf nadat hy tydens ‘n parlementêre staande komitee-vergadering ineengestort het.