WWO se jaarlikse fotografie-kompetisie

Die Wêreld Weerkundige-Organisasie het sy jaarlikse fotografie-kompetisie vir sy 2022-kalender van stapel gestuur. Sedert dit in 2014 bekend gestel is, het die WWO se kompetise al hoe groter status en erkenning begin geniet. Hulle soek hoë-gehalte en kunsfoto’s van die wonderbaarlike krag en skoonheid van die weer en natuurlike omgewing. Die WWO verwelkom foto’s wat die Wêreld Weerkundige Dag se 2022-tema van vroeë waarskuwing en vroeë optrede uitbeeld. Die wen-inskrywings sal op die WWO se 2022-aanlynkalender verskyn. Die foto’s sal ook op die WWO se webtuiste en op sosiale media-platforms pryk.